Advice from above : Advice from above Bespreking Peter Snyders
Slide 2 : Die water willie weg vannie deer afbly nie,
nie iens met 'n little help
vannie neighbourhoodkids nie;
Slide 3 : die hys raakie droere nie,
want die rient hou nie oppie;
Slide 4 : die modder byrie voodeer
het al quicksand gewid;
Slide 5 : die pad ommie drai is 'n yslike vlei,
en iemand het al verdrink
wat 'n shortcut wou vat ...
Slide 6 : maarie Council herrie problem mooi gesolve,
en stier die advice:
Slide 7 : Move to higher ground.
Memorandum : Memorandum
Slide 9 : Die water het by die voordeur ingestroom en die huis bly nat.
A) Die water wil nie van die deur af wegbly nie.B) Die klem val op die woorde “willie weg”. Dit beklemtoon die magteloosheid van die mense teenoor hierdie instromende water en die feit dat die probleem net aanhou.
Dit skep ‘n ruspouse sodat mens kan nadink oor die lewe wat reeds geëis is.
A) Hulle advies is dat die mense na hoër grond moet trek.B) Dis beslis nie ‘n oplossing nie. Bedoel hulle die mense moet hul huise net so los? Is daar ooit beskikbare huise op die hoër grond? Wat van hulle meubels?
Slide 10 : Die Council is die “hoër gesag”. Hul kantore en hul woonhuise is waarskynlik self in ‘n gebied waar hulle nie probleme het met oorstromings nie. Dis maklik om raad te gee as jy nie die probleme het nie. Mens kry ook die indruk dat hulle nie self na die skade gaan kyk het nie.
Nee, hierdie Afrikaans pas by die spreker en klink daarom opreg en oortuigend.
Little – klein bietjie neighbourhood – woonbuurtkids - kindersquicksand – sinksand shortcut – kortpadCouncil – Stadsraadproblem – probleemgesolve – opgelosadvice – raadmove to higher ground – trek na hoër grond.
Papegaai : Papegaai Memorandum
Slide 12 : Mense
Sy tronkstraf gaan “’n leeftyd” lank duur: die mense sal hom to tnie vrylaat op grond van sy ouderdom of goeie gedrag nie.
Die papegaai se woorde waarvoor die mense lag, wat hulle “vermaak”, is tog net hul eie woorde wat hulle hom aangeleer het. Daarom is sy woorde ‘n “sinnelose eggo”, dws weerklank of herhaling van die mense se eie woorde.
Die “ystergordyn” is die tralies van die kou/hok.
Die natuurlike takke van die woud toe hy nog vry was.