Die Gesteelde TV : Die Gesteelde TV Bespreking van die gedig
Agtergrond : Agtergrond Kleurling=spreker aan die woord.
Sy spreektaal is deurspek met Engelse woorde.
Ek-spreker maak gedig persoonlik en geloofwaardig.
Strofe 1 : Strofe 1 Wiet julle,
dai was ‘n cruel ding
wat ôs gedoenit
ommie Old Age Home
se TV te steel. Belydenis/erkentenis: dit was wreed om oumense van hul TV te beroof – een van hulle min plesiertjies. wrede Skelms/bendes assimilasie ouetehuis
Strofe 2,3,4 : Strofe 2,3,4 Dink maar net:
Die ienagste plesier vannie senior citizens
Wat dink jy discuss hulle nou?
Die gesteelde TV. Na dubbelpunt volg verduideliking van die TV se doel. burgers Alleenplasing beklemtoon dat hulle nou niks het om oor te praat nie – praat net oor TV wat weg is. Alleenplasing beklemtoon belangrikheid van TV vir oumense. Hulle lewe net in die ouetehuis, dis al ding wat vir hulle ‘n belangrike betekenis het,want hulle kan nie meer uitgaan en die wereld beleef nie.
Strofe 5,6 : Strofe 5,6 En hoe spend hulle hulle lonely nights?
Hulle kyk met blênk loeks
narie blênk spot waarie TV gestaanit.
Niks meer aane,
Niks meer news,
Niks meer kinnesprograms,
Ennie kêk was saam merrie TV gesteel. Sonder TV is hulle eensaam Gesigte sonder uitdrukking – daar is niks om te geniet nie Oop/kaal spasie Herhaling: beklemtoon dat daar vir hulle geen meer vreugde is nie. Niks meer om te kyk nie: GEEN nuus,kinderprogramme of kerk nie. Wys hoe afhanklik hulle van TV was. Beroof van hulle godsdiens ook.
Strofe 7,8 : Strofe 7,8 Terug na Springbokradio
Television sonner pictures
Jig!
Dai klomp ou biene
Het nou veels te veel tyd
Om hulle kwale te re-examine. Die radio moet hulle nou besig hou: die ander opsie. Hulle kan nou net hoor, nie sien nie. Uitheffing deur alleenplasing en uitroepteken. Beklemtoon afkeer – wil TV kyk, nie radio luister nie. Oumense is vol kwale. Hulle het nou niks om te doen nie en kla by mekaar oor al hulle siektes.
Strofe 9, 10 : Strofe 9, 10 Nei, ouens.
Ôs was varke
Om hulle boks speelgoed
Soema soe af te vat. Alleenplasing Metafoor: Spreker voel skuldig – het hul swak gedra. Metafoor: TV is vermaak vir oumense.
Strofe 11 : Strofe 11 Ek sê:
Vanaand briek ôs weer in
Bydie Old Age Home
En sit dai blênk – blerrie ding terug. Na dubbelpunt volg spreker se woorde Gaan TV terugvat vir oumense. Het skelms dalk nie krag gehad om TV te laat werk nie? Bring dit daarom terug na ouetehuis. Sterk woord – is hy dalk vies?
Rym en Tema van gedig : Rym en Tema van gedig Gebroke rym: Dui op wêreld waarin daar baie diefstal is. Dui op oumense se leë lewe as TV weg is.
Tema van gedig: Gedig spreek ‘n aktuele probleem in SA aan. Onskuldige mense is slagoffers van misdaad, dit is ook ‘n universele probleem.
Wie is Peter Snyders? : Wie is Peter Snyders? Kleurling digter
Gebore op 14 November 1939 in Wynberg in die Kaap.
Ons was maar arm en daar was in elk geval nie TV nie, met die gevolg dat ons maar na my ma se stories moes luister. Ek het dié stories altyd verdraai, ’n stertjie bygelas en dit dan by die skool opgevoer.
Hierna begin hy briewe skryf, ook uit nood, want hy het sakgeld gesoek en ’n sekere koerant het briefskrywers beloon as hul briewe gepubliseer word. Op sestien het hy sy eerste kortverhaal geskryf en is dit gepubliseer. Aanvanklik skryf hy in Engels, totdat hy op ’n dag besluit om in die toekoms te skryf oor die mense wat hy ken en om te skryf soos hulle praat.