Skryforiëntering

Add to Favourites
Post to:

Description
Wat jy vandag moet weet om dit in die toekoms reg te kan doen!!!

Comments
Presentation Transcript Presentation Transcript

Skryforiëntering : Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. 1 (c) M. Swanepoel 2009

Kom ons wees eerlik… : Kom ons wees eerlik… Om te skryf is moeilik Om te skryf is harde werk Om te skryf vat baie tyd Om te skryf is HEL MAAR… Dit hoef nie te wees nie 2 (c) M. Swanepoel 2009

ONTHOU… : ONTHOU… ‘n Sin het ‘n BEGIN, MIDDEL en ‘n EINDE. ‘n Suksesvolle sin moet ten minste ‘n ONDERWERP, GESEGDE en VOORWERP hê. Die man / skop / die bal. Tog is dit ‘n baie “BORING” paragraaf as jy net sinne skryf wat ‘n ONDERWERP, GESEGDE en VOORWERP bevat!!Die man skop die bal. Die bal vlieg. Die man hardloop. Daarom moet jy ekstra inligting insluit om jou paragraaf interessanter te maak. 3 (c) M. Swanepoel 2009

ONTHOU… : ONTHOU… Die BYWOORDELIKE BEPALINGS van TYD, WYSE, GRAAD, PLEK en REDE gee die ekstra inligting in ‘n sin. Die man skop die bal. Die man skop / VANDAG / die bal / HARD / DEUR DIE DOELPAAL / OM PUNTE AAN TE TEKEN. Tyd Wyse Plek Rede 4 (c) M. Swanepoel 2009

ONTHOU… : ONTHOU… Jou sin moet die volgende vraag beantwoord: Wie/wat doen wat/waar/wanneer/hoekom? Elke sin hoef nie die hele Sv1TOMPv2I te bevat nie. Moenie jou sin te lank of ingewikkeld probeer maak nie. ONTHOU: KISSKeep It Simple, Stupid (and Short) 5 (c) M. Swanepoel 2009

Wat het ons geleer… : Wat het ons geleer… KISS Wie doen wat?  Basiese sin Wanneer, waar, hoekom?  Uitgebreide sin Onthou om leestekens te gebruik in jou paragraaf. Lees jou paragraaf hardop: gewoonlik skryf jy ‘n komma waar jy moet asemhaal. Jy skryf ‘n punt waar daar ‘n langer pouse is. 6 (c) M. Swanepoel 2009

ONTHOU…Hoe om ‘n paragraaf aanmekaar te sit. : ONTHOU…Hoe om ‘n paragraaf aanmekaar te sit. Een paragraaf moet die volgende inligting bevat: Sin 1  Skryf waaroor jou paragraaf gaan. Sin 2-4  Gee ekstra inligting oor sin 1. Sin 5  Sluit paragraaf af deur skakel te gee vir jou volgende paragraaf. 7 (c) M. Swanepoel 2009

ONTHOU… : ONTHOU… Byvoorbeeld Jan het Saterdag baie vroeg wakker geword. Hy was so opgewonde toe sy ma hom verras met ontbyt in die bed. Jan het ook ‘n briefie op sy skinkbord gekry. Hy het die briefie dadelik gelees. Hy kon nie wag om klaar te eet om sy verrassing te kry nie. 8 (c) M. Swanepoel 2009

ONTHOU… : ONTHOU… Wat gaan aan in die paragraaf? Die seun word wakker. Hy is opgewonde. Hy kry ‘n briefie op die skinkbord. Hy lees die briefie. Hy kan nie wag om sy verrassing te sien nie. 9 (c) M. Swanepoel 2009

ONTHOU… : ONTHOU… Skryf kortliks neer wat jy wil hê moet in die paragraaf gebeur. Elke kort idee is ‘n sin op sy eie. Maak seker dat jou paragraaf se idees altyd in vyf punte inpas. Moenie te ingewikkeld probeer skryf nie. Hou jou sinne kort en kragtig. Brei liewers uit in die volgende sin. 10 (c) M. Swanepoel 2009

Jou fisiese opstel… : Jou fisiese opstel… Net soos jou sin, het dit ook ‘n begin, middel en einde. Begin Beplanning Jy beplan jou opstel. Middel Eerste poging (probeerslag) Skryf opdrag en maak foute reg. Einde Finale skryfstuk Jou finale produk met geen foute. 11 (c) M. Swanepoel 2009

Begin… : Begin… Jy kan nie net wegval en begin skryf nie, jy moet beplan. Beplanning is die meeste werk  die res is makliker. Elke tipe opstel het ‘n verskillende beplanningsformule: 12 (c) M. Swanepoel 2009

Beplanningsformules… : Beplanningsformules… 13 (c) M. Swanepoel 2009 As jy ‘n opstel moet skryf wat amper soos ‘n storie is gebruik jy die volgende beplanningsformule: Skryf 2 kort idees neer waaroor jy wil skryf. Beantwoord elk van die volgende vrae:Wie Wanneer Waar Wat Hoekom Maar dit lyk nie eenvoudig nie?? Kom ons maak dit nog makliker.

… : … 14 (c) M. Swanepoel 2009 Wie Wanneer Waar Wat Hoekom 2 kort idees Die handjie sal werk met meeste van jou opstelle!!

Beplanningsformules… : Beplanningsformules… 15 (c) M. Swanepoel 2009 As jy jou 5 sintuie moet gebruik om ‘n opstel te skryf gebruik jy die volgende beplanningsformule: Hoor Sien Voel Proe Ruik

Middel… : Middel… Noudat jy beplan het, kan jy begin skryf aan jou eerste poging. Jy moet altyd ‘n eerste poging skryf. Jou eerste poging is soos ‘n oefenlopie. Jy mag foute maak en doodkrap. Jy mag te min of te veel woorde skryf, jou finale poging moet 100% reg wees. Al jou spelfoute word op jou eerste poging reggemaak. 16 (c) M. Swanepoel 2009

Einde… : Einde… Die Finale skryfstuk tel die meeste punte. Skryf ongelooflik netjies en leesbaar. Jou finale poging mag nie afgerammel word nie, want dit tel die meeste punte. Jy mag nie tippex in jou finale stuk gebruik nie. Jy moet ALTYD jou woorde tel en onder aan die skryfstuk neerskryf. Doen moeite met jou finale skryfstuk, want dit tel die meeste punte. 17 (c) M. Swanepoel 2009

Slide 18 : (c) M. Swanepoel 2009 18

Want to learn?

Sign up and browse through relevant courses.

Name:
Your Email:
Password:
Country:
Contact no:


Area code Number
Subjects you are interested in:
Word verification: (Enter the text as in image)


Sign Up Already a member? Sign In
I agree to WizIQ's User Agreement & Privacy Policy

Your Facebook Friends on WizIQ

Give live classes, create & sell online courses

Try it free Plans & Pricing

Connect