POËSIE : POËSIE Poësie is net so ‘n eksakte wetenskap as die meetkunde.
Gustave Flaubert 1 (c) M. Swanepoel 2009
Belangrike Begrippe : Belangrike Begrippe Versreëls
Lyntjies in ‘n gedig wat onder mekaar geskryf word.
Wanneer die sin oor die einde van ‘n versreël loop, noem ons dit enjambement.
Funksie:
Om aandag van die rym af te neem.
om beweging en vloeibaarheid te ondersteun. Tipografie
Oop ruimtes in die gedig. Oop ruimtes word tipografiese wit genoem.
Funksie:
Om stilte te suggereer.
Leser vir oomblik te laat ophou lees. Strofes
Versreëls wat onmiddellik op mekaar volg en deur tipografiese wit geskei word, word strofes genoem.
Strofe met 2 versreëls = koeplet
Strofe met 3 versreëls = tersine
Strofe met 4 versreëls = kwatryn Metrum
Dit is die ritme van ‘n gedig. 2 (c) M. Swanepoel 2009
Rym : Assonansie
Herhaling van dieselfde vokale of diftonge op kort afstand van mekaar.
“Mood” van gedig word gegee:
Lang klanke = tempo van gedig stadiger, langdradig.
Kort vokale = tempo van gedig vinniger, skep opgewondenheid/angs Rym Alliterasie
Herhaling van dieselfde konsonante aan begin van woorde naby aanmekaar.
Funksie:
Bind woorde en gedagtes
Dit is vir klanknabootsing Halfrym Kaatjie Kekkelbek
Kaatjie, Kaatjie, kekkelbek,
val van die trap en breek jou nek. 3 (c) M. Swanepoel 2009
Slide 4 : Volrym gaan daaroor dat die laaste woorde in versreël met mekaar rym. Volrym Rym (vervolg) Paarrym
Van a
Kan a
Lees b
Bees b Gebroke rym
Elemente van rym
Van a
Kyk b
Skoon c
Kan a Omarmde rym
Van a
Lees b
Bees b
Kan a
Dit lyk soos arm. Kruisrym
Van a
Lees b
Kan a
Bees b 4 (c) M. Swanepoel 2009
Slide 5 : Die luiaard se wens
Ek wens dat aldag Sondag was,
en kermis in die week,
dat eet en drink my ambag was,
dan werk ek nooit 'n steek. Uittel rympie
ing, ping, die muskadel,
Ina, dina, daina, dou,
skotle, fina, faina, fou,
kom verby, jou vrotte vel. Ou tante Koba
Ou tante Koba die was so bly
toe sy weer 'n skoonseun kry,
die beste kalkoen is uitgemes,
vier skottels rys, en 'n halwe fles. Kruisrym Omarmde rym Paarrym 5 (c) M. Swanepoel 2009
Slide 6 : Herhaling
Herhaling van woorde, sinskonstruksies, versreëls, strofes het twee baie belangrike funksies.
Funksies:
Beklemtoning
Dit ondersteun progressie (ontwikkeling). Rym (vervolg) Vrye vers
Geen vaste rympatroon nie of strofebou nie. Soos los gedagtes wat onder mekaar neergeskryf word.
Hoe word so ‘n paar los gedagtes dan gebind as gedig?
Progressie (ontwikkeling)
Herhaling van klanke, lettergrepe, woorde, sinskonstruksie, versreëls, ens. 6 (c) M. Swanepoel 2009
Slide 7 : Progressie
Is die ontwikkeling wat in ‘n gedig voorkom die gebeure in ‘n gedig oploop tot ‘n klimaks. Daar is “iets” in die gedig wat ontwikkel.
Wat kan ontwikkel?
Tyd: tyd is besig om verby te gaan.
Iets word groter of kleiner. Rym (vervolg) Spreker
In elke gedig is daar ‘n spreker aan die woord.
Die spreker is nie noodwendig die digter nie.
- Die digter “skep” ‘n spreker in gedig en stel hom aan die woord.
- Soms praat die spreker in gedig met iemand. Daardie iemand word die aangesprokene genoem. 7 (c) M. Swanepoel 2009
Slide 8 : Rym (vervolg) Inversie
Wanneer ‘n digter ‘n woord uit sy normale plek uit die sin uithaal en op ander plek in sin sit.
Funksie:
Beklemtoning: Die woord word aan die einde geplaas sodat dit die klem ontvang.
MAAR as dit maar net gedoen is om die digter se rymprobleem op te los, praat ons van rymdwang. Implikasie
- Iets wat nie duidelik of direk gesê word nie, maar veronderstel (geïmpliseer) word, sodat die bedoeling van die spreker duidelik is. Suggestie
Deur subtiele woordkeuse sekere gedagtes, voorstelle, denkbeelde in die leser se gedagtes oproep. 8 (c) M. Swanepoel 2009
Verskillende Digsoorte : Verskillende Digsoorte Haikoe
Bestaan slegs uit sewentien sillabus wat oor drie reëls versprei is: 5 - 7 - 5
Doel: baie direkte natuurervaring of natuurbeeld wat sterk met jou 5 sintuie ervaar moet word. 'n wolf snuif aan jouhou uit, want volgende jaarroep die Hoep-hoep weer 9 (c) M. Swanepoel 2009
Die sonnette : Die sonnette Italiaanse sonnet 1 a
2 b
3 b
4 a
5 c
6 d
7 d
8 c
9 e
10 f
11 g
12 e
13 f
14 g Engelse (Shakespeareaanse) sonnet 1 a
2 b
3 a
4 a
5 c
6 d
7 c
8 d
9 e
f
e
f
13 g
14 g Kwatryn Kwatryn Tersine Tersine Oktaaf Sekstet Kwatryn Kwatryn Kwatryn Koeplet 10 (c) M. Swanepoel 2009
Beeldspraak : Beeldspraak 11 (c) M. Swanepoel 2009
Vergelyking : Vergelyking Twee sake word met
mekaar vergelyk, maar
met ‘n voegwoord geskei:
soos, nes, net soos en as. SOOS SOOS SOOS SOOS 12 (c) M. Swanepoel 2009
Metafoor : Metafoor Twee sake word direk aan mekaar gelykgestel. Is soos ‘n vergelyking maar sonder die voegwoorde.
DIE EEN IS DIE ANDER “onthou jy die see uitgesprei in die baai
Blou tafeldoek voor die wind begin waai”
(George Weideman) 13 (c) M. Swanepoel 2009
Personifikasie : Personifikasie Wanneer menslike eienskappe aan ‘n lewelose voorwerp, natuur of abstrakte begrippe gegee word. “… die son kom drink
Met ‘n helder tong
Aan die wyn in my glas.”
(Breyten Breytenbach) Kan die son regtig dit doen? 14 (c) M. Swanepoel 2009
Stylfigure : Stylfigure 15 (c) M. Swanepoel 2009
Teenstelling/antitese : Teenstelling/antitese Twee uiterstes teenoor mekaar gestel. “In die songloed van ons somer, in ons
Winternag se kou” (Langenhoven) 16 (c) M. Swanepoel 2009
Oksimoron : Is ‘n teenstelling wat uit twee woorde bestaan wat by die eerste lees “verkeerd” lyk. Oksimoron Georganiseerde chaos Stille nag
weergalm 17 (c) M. Swanepoel 2009
Hiperbool : Hiperbool Wanneer iets vergroot word om ‘n sekere effek te kry. Daar was hemelhoë golwe. Die skrywer oordryf so erg dat die leser besef dit moenie letterlik opgeneem word nie. Is die golwe regtig so hoog soos die hemel? 18 (c) M. Swanepoel 2009
Saamgestel deur M.Swanepoel uit: : Saamgestel deur M.Swanepoel uit: Bron:
Hennie Aucamp: Literatuurstudie: Uit Lekker Leergoed vir Afrikaanws-leerders Graad 8-12
Visuele hulpmiddels vanaf die internet.
Groot verseboek 2000 19 (c) M. Swanepoel 2009